meer oor Vanwyksvlei by www.vanwyksvlei.org
Hierdie
foto is geneem tydens die groot vloed van 1961. Die foto is deur die pers
geneem in die helikopter se deur. My Pa, Stoffel
Pieters was op daardie stadium siek met mangelontsteking op die plaas Leeukolk.
Dit het
baie gereën, wat dit onmoontlik gemaak het om deur die Rooidamleegte,
sowel as Steenkampskolkleegte te kom. Dr Hattingh het die die helikopter
laat kom. Dit was dan ook die eerste helikopter wat in Van Wyksvlei
geland het en was dus ‘n groot aardigheid.
Op die foto
verskyn van links na regs: my suster, Annien(Pieters) nou Kriel met
die pakkie Penisillien pille in haar skoolrok se sak-sy was toe in St 5;
myself, Chris Pieters – in Sub B; Irma Sutherland in St 1-die
dogter van Hendrik en Hettie Sutherland van die plaas, Rising Star;
en dan Annette Visser in St 7, suster van Gerhard Visser
van die plaas, Verkeerdevlei. Die kakie klere wat ek aangehad
het was gemaak deur Ant Meraai Neethling, vrou van oom Piet
Neethling wat in Die Lande gebly het.
Die
helikopter het eers geland op Verkeerdevlei om vir Annette af te laai, daarna
op Leeukolk waar ons ander drie stuks afgeklim het.
Daarna het
die helikopter na die Smartsindikaatdam naby Britstown vertrek , waar mense ook
in nood verkeer het tydens die vloed.
Chris Pieters
Sjoe, dis erg!! Kosbare herinneringe.
ReplyDelete