Total Pageviews

Monday, September 26, 2011

Die GROOT vloed Maart 1961



meer oor Vanwyksvlei by www.vanwyksvlei.org


Hierdie foto is geneem tydens die groot vloed van 1961.  Die foto is deur die pers geneem   in die helikopter se deur.   My Pa,  Stoffel Pieters was op daardie stadium siek met mangelontsteking op die plaas Leeukolk.

Dit het baie gereën,  wat dit onmoontlik gemaak het om deur die Rooidamleegte, sowel as Steenkampskolkleegte te kom.  Dr Hattingh het die die helikopter laat kom.  Dit was dan ook die eerste helikopter wat in  Van Wyksvlei geland het en was dus ‘n  groot aardigheid.

Op die foto verskyn van links na regs:   my suster, Annien(Pieters) nou Kriel met die pakkie Penisillien pille in haar skoolrok se sak-sy was toe in St 5;  myself, Chris Pieters – in Sub B;   Irma Sutherland  in St 1-die dogter van Hendrik en Hettie Sutherland van die plaas,  Rising Star;  en dan Annette Visser  in St 7,  suster van Gerhard Visser  van die plaas,  Verkeerdevlei.  Die kakie klere wat ek aangehad het was gemaak deur Ant Meraai Neethling,  vrou van  oom Piet Neethling wat in Die Lande gebly het.

Die helikopter het eers geland op Verkeerdevlei om vir Annette af te laai, daarna op Leeukolk waar ons ander drie stuks afgeklim het.

Daarna het die helikopter na die Smartsindikaatdam naby Britstown vertrek , waar mense ook in nood verkeer het tydens die vloed.

Chris Pieters









1 comment: